Page 4 - Spilpunt Nov/Des 2016
P. 4

Honde se vriendelikheid geneties
Sedert die hond gedomestikeer is, het dié dier unieke vermoëns ontwikkel om met mense te kommunikeer en saam te werk. Navorsing toon onder meer dat die meeste honde mense se hulp sal opsoek wanneer hulle ’n ingewikkelde taak moet verrig, terwyl honde se voorsate, wolwe, dit eerder self probeer oplos.
Wetenskaplikes het onlangs ’n verband gevind tussen vyf verskil- lende gene en honde se vermoë om met mense te sosialiseer. (Interessant genoeg speel vier van hierdie gene ook ’n rol in die gemoedstemming van mense.) Dié bevindings is die eerste wat
daarop dui dat DNS die beduidende verandering in honde se gedrag, sedert hulle duisende jare gelede getem is, kon veroor- saak het.
www.liu.se (September 2016)
’n Bok vir joga?
’n Amerikaner se jogaklasse kry groot aftrek van- weë haar unieke helpers: ’n paar Nigeriese dwerg- bokke en een groot boerbok. Terwyl die mense besig is om in verskillende posisies te strek, wei die
bokke in die omtrek, of kom lê selfs langs die jogi’s. Die bokke maak diegene wat die
Lugweg- probleme? Gifstowwe is dalk die
sondebok
klasse bywoon meer ontspanne en dit is klaarblyklik die wyse waarop die bokke herkou wat so bekoor-
lik is, omdat dit lyk asof hulle in ’n meditatiewe
toestand ingaan. Dit inspireer die
jogi’s om nóg verder te rek en
te strek en maak ook meditasie makliker.
www.modernfarmer.com (Augustus 2016)
Daar word meestal gefokus op die moo
- tiewe impak van onkruid-, insek- en swamdoders
o
on
n
t
tl
l
li
i
k
k
ke
en
ne
e
eg
ga
a
a-
op die omgewing, maar dit kan ook mense – veral boere – benadeel. Onlangse navorsing toon dat
baie boere wat van aamborstigheid kla, sekere tipe gifstowwe gebruik om te bespuit. Die studie het
bevind dat 37% van die plaagdoders wat in gebruik is, ’n verband met aamborstigheid toon. Boere wat van hierdie produkte gebruik, het dus ’n groter kans
om lugwegprobleme te ontwikkel as diegene wat ander, ’veiliger’ plaagdoders inspan.
www.ehp.niehs.nih.gov (Augustus 2016)
2 | Spilpunt IN LYN MET DIE BOER


































































































   2   3   4   5   6