Page 4 - Spilpunt Sep/Okt 2016
P. 4

GROENTE
in die ruimte
Navorsers is besig om die grondwerk te lê vir die groei van gewasse op Mars en die maan. Om te bepaal of tamaties, radyse, ertjies en rog op hierdie hemelliggame sal groei, word die gewasse gekweek in grondtipes met ’n samestel- ling wat soortgelyk is aan dít wat op die rooi planeet en die maan voorkom. Hierdie grond bevat baie swaar metale soos aluminium, nikkel en yster. Organiese materiaal word by die grond gevoeg en die plante floreer daarin. Volgens
die navorsers hou die hoë metaalinhoud van die grond geen gesondheidsgevaar vir die mens in nie.
www.wageningenur.nl (Junie 2016)
Bebaarde hoenders
Hoenders is beslis nie almal voëls van eenderse vere nie – verskillende rasse het ’n wye verskeidenheid
van bont veredosse. Navorsers het moontlik die genetiese mutasie wat verantwoordelik is vir
hoenders se deftige voorkoms, bepaal. Die sagte, lang vere wat onder sommige voëls se snawels groei (baarde) en die ’kuif’ op
hul wange is die resultaat van dieselfde genetiese mutasie. Hoe meer hierdie
geen teenwoordig is, hoe meer baard en kuif sal ’n hoender hê. Die verskyn-
sels is die resultaat van die inter- aksie tussen genetika en die omge- wing en kom daarom net by sekere
hoenders voor.
www.journals.plos.org (Junie 2016)
2 | Spilpunt IN LYN MET DIE BOER
Blommende
slaggate
Suid-Afrika is nie die enigste land wat sukkel met slaggate nie. ’n Amerikaanse vrou het een lente besluit om hierdie probleem aan te spreek deur blomme in slaggate, wat na ’n strawwe winter in die staat van New York ontstaan het, te plant. Sy het nagenoeg 10 slaggate met haar pragtige miniatuur tuine getooi, wat die stadsowerhede aangespoor het om aan die werk te spring en al die slaggate op
te vul. Dié vindingryke protesteerder se uitgangspunt is dat haar blommende slaggate die beste manier is om die owerhede se aandag te vestig op die probleem, terwyl dit steeds sag op
die oog is.
www.modernfarmer.com (April 2015)


































































































   2   3   4   5   6