Page 19 - Spilpunt Jan/Feb 2016
P. 19

Engeland het gewys dat vrylewende stikstofbindende bakteriese getalle hoër is in landerye waar geen stikstof toegedien is nie. Daar is ook al gevind dat hierdie bakte- rieë tot soveel as 20 kg stikstof/ha bykomend in die grond kan verskaf indien wisselbou toegepas word.
Stikstofbindende bakterieë in die risosfeer
Hierdie groep bestaan hoofsaaklik uit bakterieë wat in die onmiddellike omgewing van plantwortels en wortelafskei- dings leef. Dié bakterieë kan in hierdie gebied, ook bekend as die risosfeer, ’n voordelige effek op plantegroei en op- brengste hê. Azospirillum-spesies vorm veral noue bande met verskeie grasse soos koring, hawer en mielies.
Die bakterieë kan ’n betekenisvolle hoeveelheid stikstof in die gebied om die plantwortels bind. Die samewerking tussen die plant en mikrobes word bevorder deur faktore soos byvoorbeeld die plant se vermoë om in ’n omgewing met lae suurstofdruk, asook in uiterste wisselende grond- temperature, ’n gunstige risosfeer te skep vir bakteriese groei. Afskeidings van plantwortels speel ook ’n kritiese rol in hierdie tipe samewerking, aangesien die chemiese stowwe sekere tipe bakteriese spesies kan lok.
Stikstofbinding in simbiose
Stikstof kan ook deur sekere mikrobes, wat in simbiose met ander gasheerplante voorkom, gebind word. In die spesifieke vennootskap verskaf die plant suikers aan die mikrobes en stikstof word weer gebind deur mikrobiese prosesse sodat die stikstof later weer aan die plant beskik- baar gestel word. Hierdie proses kom veral voor in die welbekende wisselwerking tussen mikrobes en peulgewasse, waar stikstof simbioties gebind word. Rhizobium- en Bradyrhizobium-bakterieë is die bekende inokulante
vir peulgewasse.
Die gasheerpeulplant se wortelstelsel word deur die Rhizo-
bium- en Bradyrhizobium-bakterieë gekoloniseer. ’n Eien-
skap wat rhizobia-bakterieë onderskei van die res is dat hulle gespesialiseerde nodules (knoppies) in simbiose met die peulgewas vorm (Foto 2). Die proses van stikstofbinding word aan die gang gesit deur rhizobia-bakterieë wat ver- oorsaak dat flavonoïede deur die plant geproduseer word. Verskeie gene word dan geaktiveer wat tot infeksie van die plant lei. Die eindresultaat is die vorming van knoppies op die wortelstelsel wat die bakterieë huisves.
Die simbiotiese verhouding skakel atmosferiese stikstof tot ’n hernubare bron van stikstof vir landbou om. Tot soveel as 300 kg stikstof per hektaar per jaar kan so – hoofsaak- lik aan peulplante – beskikbaar gemaak word.
Stikstof wat deur biologiese verbindings verskaf word, dra nie net by tot die reserwepoel van stikstof nie, maar kan stikstofryke kunsmis vervang om hoë opbrengste te hand- haaf. Verder kan peulgewasse in ’n wisselboustelsel die mikrobiologie in die grond aansienlik bevorder en patogene onderdruk om toestande te skep vir ’n gesonder wortel- stelsel in die daaropvolgende gewas, wat kan reflekteer
in die opbrengste.
Gevolgtrekking
Stikstof is onontbeerlik vir suksesvolle plantegroei en gewas- verbouing. Moderne landbouproduksiestelsels moedig die toediening van chemiese kunsmis vanselfsprekend aan, maar dit word ook toenemend duidelik dat biologiese stik- stofbinding ’n ekstra hoeveelheid stikstof op ’n natuurlike wyse aan die gewas verskaf.
Die produsent word gevolglik in staat gestel om doeltref- fender te boer indien die plante van die vry biologiese stikstofbron benut eerder as wat stikstof kunsmatig toegedien word.
Vir meer inligting kontak Owen Rhode by RhodeO@arc.agric.za.
Foto 2: Doeltreffende biologiese stikstofbinding deur rhizobia-bakterieë in ’n peulgewas (foto Terraprima, en.wikipedia.org)
JANUARIE | FEBRUARIE 2016 | 17


































































































   17   18   19   20   21