Page 4 - Spilpunt Jan/Feb 2014
P. 4
WOLF, WOLF
t
In die Caucasusberge in Europa, word die Georgiaanse skaaphond (in Engels die ’Georgian Shepherd’) gebruik om vee op te pas. Dié skaapwagters is vrylopend en word vir lang periodes op hul eie gelos. Navorsers aan die Univer- siteit van Georgia het ’n studie gedoen oor die honde se stambome en was verbaas oor die resultate. Baie van die honde was basters van die wolwe in die gebied. Amper 10% van die honde wat getoets is, is onlangse basters
en twee tot drie persent van hulle was eerste gene- rasie basters. Die eienaars was baie geskok, aan- gesien die meeste van hierdie honde juis gebruik word om vee teen die wolwe te beskerm.
www.theaga.org (14 April 2014)
Bakterieë voorkom gaslekke
Uiteindelik is daar dalk ’n oplossing vir koeie se metaanuitlaatgasse! Nuwe navorsing het bewys dat sekere bakterieë kan voorkom dat skade- like gasse in die atmosfeer vrygestel word. Methylocella silvestris, ’n bakterie wat
in grond gevind word, gebruik metaan- en propaangas as voedingstowwe. Dit beteken dat die bakterie hierdie gasse kan absorbeer voordat dit in
die atmosfeer vrygestel word en aard- verwarming veroorsaak. Molekule vir molekule het metaangas ’n baie groter uitwerking op aardverwarming as koolstofdioksied. Metaan- en propaan- gas kom natuurlik voor, maar kan ook vrygestel word as gevolg van menslike aktiwiteite soos hidrouliese breking en olielekkasies.
hoe laat is di
it
?
?
Verwarde vlieë
Indien peste, soos die witvlieg, gebombardeer word met die reuke van
baie verskillende groentes, sal hulle tydelik verward wees en nie kan voed nie. Hierdie fenomeen staan bekend as die ’verwarrings- effek’. Dit kom voor wanneer insekte (en selfs mense) nie take doeltreffend kan doen wanneer daar baie versteurings is nie. ’n Span bioloë het ’n mengsel van ander groente- reuke vrygestel in ’n tamatiekweekhuis. Dit het dit vir die witvlieg onmoontlik gemaak om ’n gekose plant op te spoor en daarop
te voed. (Die witvlieg gebruik sy reuksintuig om plante op te spoor.) Die effek is egter net tydelik, min of meer 15 ure.
www.ncl.ac.uk (28 April 2014)
www.uea.ac.uk (28 April 2014)
2 | Spilpunt IN LYN MET DIE BOER


































































































   2   3   4   5   6