Page 5 - Spilpunt Jan/Feb 2014
P. 5
Graansilo nou
’n kunsgallery
Jochen Zeitz, ’n skatryk sakeman, kuns- versamelaar en bewaringsentoesias het, in samewerking met die V&A Waterfront, ’n R500 miljoen projek in November 2013 geloods om Kaapstad se dilemma van die vervalle graansilokompleks die hoof te bied. Die silo’s is al sedert 1990 nie meer in gebruik nie en moes dringend opgeknap word. Die idee was om die geskiedkundige argitektuur van die silo’s te behou, maar die binnekant te omskep in ’n unieke kuns- gallery, die Zeitz Museum vir kontemporêre Afrika-kuns. Zeitz se kunsversameling word gereken as een van die mees uitgebreide en omvattende versamelings van kontemporêre kuns vanuit Afrika. Die projek het ’n unieke aanslag nodig gehad en Thomas Heatherwick, ’n internasionaal-bekroonde argitek en ont-
werper, en sy span se kreatiwiteit het aan dié droom gestalte gegee.
www.readersdigest.co.za
Wandelende kersbome
Finse takbokherders se nuwe tegniek om te verhoed dat hul takbokke deur karre getref word, kan dalk beteken dat Kersvader binnekort nie meer vir Roedolf gaan nodig hê om die pad te ver- lig nie! Groot hoeveelhede noodlottige ongelukke kom voor, omdat motoriste nie die diere betyds in die nag kan sien nie. Die waarskuwingsborde wat op- gerig is, was ook nie doeltreffend nie, aangesien dit dikwels gesteel word
as aandenkings. Die oplossing was om die horings te verf met ’n fluo- resserende kleurstof wat die bokke sigbaar maak op onverligte paaie. Tog jammer dat mens nie koedoes en ander grootbokspesies op die- selfde manier kan bykom nie...
In lyn met die boer
Inhoud
2 Druppels 4	Uit die Spilpen; Ons mense, ons projekte; Kalender 6	Bestuur van besproeiingstelsels vir sukses
10	Mynbou en landbou: Konflik of samewerking?
14	Ondergrondse dreinering vir verbeterde gewasproduksie
18	Belangrikheid van voedselsekerheid in Suid-Afrika
20	Planter-instandhouding en -versorging
22	Optimale wins met somerkoolproduksie
26	Onkruidbeheer in sitrusboorde
30	Garsboere kry goue louere
34	Suid-Afrikaanse landbou as belegging – hoe lyk die prentjie?
38	Hoe kan ’n boer homself beveilig? 42	Die moets en moenies van uitsetting 46	Boedelbeplanning vir boere 50 Huurofkoop 54	Byvoeding belangrik vir alle diere, dwarsdeur die jaar 58 Lentekalwingenvoorbereidingvirdiedekseisoen 64 Voordeligeomgewingsaktiviste 70 DIYwinterbirdcafé 72 Produkfokus:TurnerMorris-landbouprodukte
Rig navrae oor verspreiding, adresverandering en subskripsie aan media@mgk.co.za.
REDAKSIE
MGK mediakantoor en BigDoor Brand Design and Communication. E-pos: spilpunt@bigdoor.co.za, media@mgk.co.za.
UITGEWER
BigDoor Brand Design and Communication, Posbus 2779, Brooklyn Square, 0075. Brooksstraat 258, Brooklyn, 0181. Tel: 012 362 1385 Faks: 012 362 0113 E-pos: spilpunt@bigdoor.co.za
KOPIEREG
Alle regte voorbehou.
VRYWARING
Spilpunt is ’n inligtingsblad wat tweemaandeliks deur MGK Groep saamgestel en uitgegee word. MGK en die uitgewer aanvaar geen verantwoordelikheid vir aansprake wat in enige advertensies gemaak word nie en vereenselwig hom nie noodwendig met die menings en aanbevelings van derdes wat in artikels in Spilpunt verskyn nie. MGK Groep en BigDoor sal nie aanspreeklik wees vir enige verlies of skade wat gely kan word na aanleiding van enige inligting wat in Spilpunt gepubliseer word nie.
SEPTEMBER | OKTOBER 2014 | 3


































































































   3   4   5   6   7