Page 4 - Spilpunt Jan/Feb 2014
P. 4
Waar lê jy vanaand?
’n Wanpersepsie wat volgens voëlkenners redelik algemeen bestaan is dat voëls in hul neste slaap. Baie voëls maak nie eens neste nie en dié wat dit wel doen, gebruik dit slegs om hul eiers in te lê en kuikens in groot te maak. Wanneer die broeiseisoen verby is, is die nes verlate en meestal ’n gemors van voëlmis en selfs ’n dooie kuiken of twee, wat para- siete en predatore lok.
Waar slaap voëls dan? Kleiner voëltjies slaap meestal in digte bosse om katte en ander gevare te vermy. Water- voëls slaap gewoonlik op die water, aangesien hulle nie in die nag bedreig word deur roofvoëls nie, terwyl ander predatore die water versteur en vibrasies veroorsaak wat die voëls wakker maak. Groter voëls het meer opsies soos ’n tak, ’n dak, of selfs op die grond. Sommige voëls het die vermoë om letterlik met een oog oop te slaap. Die meeste voëls se oë stuur inligting na slegs een deel van die brein, dus kan die een helfte van die brein slaap terwyl die ander helfte gereed is om te reageer op gevaar.
www.slate.com (1 Januarie 2014)
Blêrmuise
’n Vlêrmuis in die opstal kan gou sorg vir ’n groot kabaal, maar ’n Australiese adjunk- burgermeester het onlangs ’n manier gevind om hierdie gediertetjies te laat skarrel. Tydens ’n poging om ’n groot kolonie van vlermuise te skuif deur klank en rook te gebruik, was die enigste beskikbare ’geraas’ ’n cd met doedel- musiek. Die doedelmusiek is net voor dagbreek kliphard vanuit ’n kar gespeel in die vlêrmuise se nesskopgebied. Hulle het die Skotse deuntjie allermins geniet en is sommer dadelik vort. Vrugtevlêrmuise veroorsaak groot skade aan
vrugte-oeste in Australië en aangesien uitdunning deur die regering verbied word, vind boere omgewingsvrien-
delike maniere om van hulle ontslae te raak.
www.abc.net.au
GLOEIPLANTE
’n Span bio-ingenieurs het ’n projek geloods wat die gloeiende gene van vuurvliegies en sekere bakterieë gebruik om plante, wat letterlik gloei, te maak. Die span het dit reeds reggekry om die Arabidopsisplant (familie van die mosterdplant) soos ’n liggie te laat skyn en poog tans om gloei- ende rose te maak. Die proses staan bekend as ’luciferase’. Dit is nie die eerste keer dat plante geneties gemodifiseer is om te gloei nie, maar dit is wel die eerste keer dat wetenskaplikes die geen so kon inbou dat dit oorgedra word aan afstammelinge en die plant besonder helder laat skyn. Die doel van die projek is om alter- natiewe, omgewingsvriendelike beligting te skep en om die publiek in te lig rakende die potensiaal van bioliggewende beligting.
inhabitat.com
2 | Spilpunt IN LYN MET DIE BOER


































































































   2   3   4   5   6