Page 4 - Spilpunt Jan/Feb 2014
P. 4
Kardinale garnale
’n Nuwe biologiese produk is deur die Universiteit van Florida ontwik- kel om baarmoedersiektes in melk- koeie te behandel. Dit bestaan
uit ’n antimikrobiese materiaal wat gemaak word van opgeloste garnaaldoppe. Die mikropartikels word binne-in die koeie se baar- moeders geplaas om infeksie
te genees en bakterieë te dood.
Antibiotika word al minder doel- treffend, aangesien patogene ’n weerstand opbou hierteen. Sekere antibiotika maak ook die ’goeie’ bakterieë in mense en diere dood, maar die garnaaldop- behandeling dood slegs die pato- gene wat die infeksie veroorsaak.
www.ufl.edu (24 Maart 2014)
Winde van VERANDERIN
As deel van die Suid-Afrikaanse regering se program vir die verkryging van hernubare energie en onafhanklike kragprodusente, is ’n windplaas in Jeffreysbaai opgerig op
3 700 hektaar grond. Dié kragstasie sal die Eskom-netwerk van sowat 460 000 mega- watt krag per jaar voorsien. Een wind- turbine is 80 meter hoog, een lem sowat 50 meter lank en die struktuur weeg alte- saam omtrent 300 ton. Die windturbines begin eers funksioneer as die wind teen sowat 13 km/h waai. Die turbines is nie blote windmeulens nie, maar gesofisti- keerde masjinerie wat bedryf word deur middel van rekenaars.
Groot gedeeltes van die Suid-Afrikaanse kusgebiede, sowel as verskeie dele in die binneland, kan genoeg wind- energie genereer om dit ’n koste- doeltreffende kragbron te maak,
wat omtrent 90% van die tyd krag aan die netwerk kan verskaf.
N
G
G
G
Kyk wat bring dié Duitser na die tafel
Die gerug doen die rondte dat die Duitse timmerman, Jens Braun, nie ’n permit kon bekom om ’n skuiling vir sy perde te bou nie. Hy besluit toe om maar ’n tafel en stoele te bou om sy perde te beskerm teen die skreiende somerhitte van Doellstaedt, waar hy woon. Maar dit is blykbaar net stories. Hoewel
die tafel en stoele steeds beskutting vir die perde bied, het Braun blykbaar die kunswerk geskep om sy houtwerkbesigheid te bevorder.
iandanielstewart.com/2012/12/10/giant-horse-table/
http://jeffreysbaywindfarm.co.za/
2 | Spilpunt IN LYN MET DIE BOER


































































































   2   3   4   5   6