Page 4 - Spilpunt Jan/Feb 2014
P. 4
’n
n Reënboog IN DIE BERGE
Reënboogforel, waarmee daar in Lesotho geboer word, is Japan se nuutste voorkeurvis om te gebruik in soesji. Die Japannese moes ’n alternatiewe hoofbestanddeel vir hul geliefde dis vind, aangesien die tuna, wat tradisioneel gebruik is, al skaarser word. Die Suid-Afrikaanse maat- skappy, Gold Fields, het die Highlands Trout-projek op die been gebring en voer sedert 2012 sowat 2 000 ton
vis per jaar uit. Die visboerdery word tans in die Katse-dam bedryf, maar die bestuurders daarvan hoop om die projek uit te brei na nog twee damme. Volgens Stuart Slabbert, die projekbestuurder, wil
hulle die uitvoersyfer na 10 000 ton per jaar verhoog.
n
E
E
www.abs-cbnnews.com
Die Saoedi-Arabiere het weereens bewys dat ’n boer ’n plan maak, al lyk die vooruitsigte hoe dor. Deur ondergrondse water te benut, is die eens droë Arabiese woestyn kol-kol omskep in ’n oase. Die water word van so diep as een kilometer onder die grondoppervlak af
uitgepomp. Reuse spilpunte word ingespan om gewasse soos lusern en graan te besproei. Die
sirkelvormige landerye wissel van 50 tot 100 hektaar in deursnee. Hierdie ondergrondse
AstrooiNOMIESE gedaantes
GROEN
fossielwater, wat oor ’n periode van tussen	In Japan is verstommende kunswerke 10 000 en tweemiljoen jaar gelede versamel	deel van die jaarlikse Straw Art
het, is egter ’n nie-hernubare hulpbron. Met	Festival. Die strooi wat oorbly na ’n maksimum reënval van slegs 200 ml per	’n rysoes word deur studente en jaar sal produksie waarskynlik teen 2016	die inwoners van Kagawa en Niigata
gestaak moet word.	gebruik om reuse beeldhouwerke te maak. Die kolosse word op dieselfde
www.greenprophet.com	manier aanmekaargesit as ’n grasdak, deurdat die strooi geheg word aan
houtstrukture in die vorm van monsters, goggas, olifante en vele meer. Dit neem sowat ’n week om so ’n strooigedaante te voltooi en dit verleen ’n unieke karakter aan die feestelikhede.
www.kotaku.com
2 | Spilpunt IN LYN MET DIE BOER


































































































   2   3   4   5   6