Page 4 - Spilpunt Jan/Feb 2014
P. 4
Beeste met die
MAAN GEPLA
Daar blyk glo ’n groter verband te wees tussen beeste en die maan as net die kinderrympie wa
at boere baie probleme op die beesplaas oplos deur sekere aktiwiteite volgens die maan te beplan.
aanvoer dat een gekke koei oor die maan sou spring! Volgens ’n ou boereraat in Kanada kan
Op ’n Kanadese webwerf, farms.com, word vertel dat boere die stres op sowel die kalf as die koeie aansienlik kan beperk deur die kalf so na as moontlik aan nuwemaan te speen, hetsy voor of na volmaan. Sommige boere pas selfs dié metode toe wanneer hulle hul speenkalwers moet onthoring of kastreer. Die boere meen die maan het ’n baie groot invloed op ’n kalf se gedrag.
Skaapmelk wen veld
Die melk van skape is besig om vinnig veld te wen in Nieu-Seeland en maat- skappye is besig om miljoene rande in die bedryf te belê. Die melk word gebruik vir die vervaardiging van onder meer kaas, roomys en melkpoeier en word veral gebruik deur mense wat allergies is vir beesmelk. By een van die suksesvolste skaap- melkerye, Blue River, word 25 000 Southland-skape op hoof- saaklik drie plase gemelk. Die melk word hoofsaaklik vir melkpoeier gebruik en 80% daarvan word veral na Asië uit- gevoer. Benewens die Southland, sluit melkskape elders in die wêreld rasse in soos Oos-Friese, die gewildste melk- skaap in die VSA, Lacaune’s, oorspronklik van Frankryk, en die Midde-Oosterse Awassi’s en Assafs. Vanweë die gewildheid van skaapmelkprodukte het die produkont- wikkelaars ook reeds begin om ’n reeks melkformules vir babas uit skaapmelk te ontwikkel.
www.au.ibtimes.com
Super vitamien- verrykte mielies teen blindheid
Plantnavorsers aan die Ierse Nasionale Universiteit in Galway (NUIG) en die Instituut vir Tropiese Landbou (ITA) het ’n nuwe vitamien A-verrykte mielie gekweek wat bestempel word as ’n deur- braak in die stryd teen wanvoeding in Afrika.
Die nuwe reeks mielies bevat, na wat berig word, agt maal meer vitamien A as gewone mielies. Die aankondiging volg op twee jaar se streng proewe in Nigerië, en beteken dat arm huishoudings in Afrika met dié mielies baie meer van die vereiste daaglikse inname van vitamien A uit hul stapelvoedsel sal kan inneem, as wat tot nou toe die geval was.
Kenners meen dat ’n vitamien A-tekort jaarliks by nagenoeg 500 000 kinders in onderontwikkelende lande tot blindheid lei.
2 | Spilpunt IN LYN MET DIE BOER
www.irishtimes.com


































































































   2   3   4   5   6