Page 4 - Spilpunt Jan/Feb 2014
P. 4
Papaja-petrol
In Hawaii word papajas wat nie vir die vars- produktemark geskik is nie, nou onder meer vir biobrandstof ingespan. Die brandstof word vervaardig as deel van ’n navorsingsentrum se program waarin produkte soos biobrandstof en
hoë-proteïen voer van produkte soos papajas vervaardig word, sonder dat daar enige afval oorbly.
Die tegnologie wat in die omskakelingsproses gebruik word, word bestempel as uniek en sal boere in staat stel om landbou-afval, soos uitskotpapajas, mango’s, patats en suikerriet vir ’n ekstra inkomste te verwerk.
Behalwe vir die biobrandstof word hoë proteïen-voer ook van die papaja-afval gemaak. Die tegnologie kan glo
’n Beesboer van Queensland in Australië sit met ietwat van ’n probleem nadat haar mak emoewyfie begin glo het sy (die emoe) is ’n koei en sommer die Brahmanbul op die plaas vir haarself geannekseer het.
Margaret House sê die mak Loui verjaag enige koei en hou die bul ook van hulle af weg. Sy volg die bul oral waar hy loop en lê styf langs hom wanneer hy smiddae rus. Sy probeer hom selfs verlei.
Dié vreemde liefdesverhouding het intussen meegebring dat Margaret ander bulle se hulp moes inroep om toe te sien dat haar beeste kan aanteel, omdat Loui skynbaar besluit
het sy is nie sommer enige ’koei’ wat bereid is om die plaas se voorslagbul met vierbeenkoeie te deel nie.
www.abcrural.com
nagenoeg 1 000 werksgeleenthede skep. www.biomassmagazine.com
GEEN STAMVROT vir dié soja
Goeie nuus vir sojaboonboere is dat navorsers twee gene geïdentifiseer het, wat hoog weer- standig is teen die patogeen wat Phytophtora wortel- en stamvrot veroorsaak.
Volgens ’n berig op www.sciencedaily.com kan die ontdekking lei tot die ontwikkeling van sojaboonkultivars wat baie beter bestand is teen Phytopthora wortel- en stamvrot.
Weerstand teen die patogeen kom natuurlik voor in die sojaboon se kiemplasma, maar
die meeste gene wat voorheen teen Phyto- pthora wortel- en stamvrot bestand was, het hul weerstand intussen verloor, wat die patogeen immuun gemaak het daar- teen. Die twee gene wat pas geïdentifi-
seer is, is skynbaar sterker as enige van
hul voorouers en kan nog vir jare lewens- vatbaar wees.
Die navorsers meen die ontdekking van die gene kan vir boere ’n baie hoër opbrengs
lewer, terwyl minder pesdoders vir die plante nodig sal wees, wat sodoende ’n gesonder
omgewing in die hand sal werk.
2 | Spilpunt IN LYN MET DIE BOER
www.farmfutures.com


































































































   2   3   4   5   6